Welkom by die Afrikaanse tuisblad van die FSA Noord-Suid leerlinguitruilprogram. Die webwerf is opgedra aan ons Suid-Afrikaanse gasgesinne en ons Duitse uitruilstudente. Hierdie merkwaardige gesinne wat hulle harte en huise oopmaak om Duitse gaste te ontvang, dra daartoe by dat vele Suid-Afrikaanse leerlinge die geleentheid kry om op die uitruilprogram na Duitsland te gaan.
Ons werwing van gasgesinne vir 2012 is aan die gang. Kontak ons gerus as u gesin 'n gas kan huisves of as julle weet van gesinne wat belangstel :-)